If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

DIE PERDESKOEN

'n Perdeskoen, verroes en krom,
Lê in die pad, ek sien vir hom.
Gou moet ek buk,
Vir die geluk!
Gooi dit nou oor linker-skouer
En die wens kom baie gouer.

Sal ek wens om 'n goue ring?
Of te vlie, soos voël wat sing?
'n Sak vol geld?
Of plaas en veld?
Daar is so veel wat elke mens
Diep in sy hart en siel kan wens.

Ek wens daarop, en gooi dit gou
Vêr oor my kop, daar val dit nou!
Toe kyk ek om -
Maar staan verstom
Want Piet lë daar net baie nors -
Die perdeskoen lê op sy bors!