If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Version 1

The Link to:Die Drie Beertjies(to help you tell it yourself).

 

Beginner Speech

Pappa Beer, Mamma, Baba ▶ kos  bietjie warm ▶ stap in die woud

Mooi dogtertjie verdwaal ▶ beertjies se huis ▶ gaan in

Kos ▶ drie borde ▶ te warm ▶ te koud ▶ net reg ▶ eet alles op.

Stoel ▶ groot ▶ kleiner ▶ kleinste stoeltjie ▶ 

sit ▶ te hard ▶ sag ▶ net reg.

Gaan met die trappe op ▶ slaapkamer ▶ drie beddens.
Lê ▶ Pappa Beer se bed ▶ te hard!"
Lê ▶ Mamma Beer se bed ▶ te sag!"
Lê op Baba Beertjie se bed ▶ perfek ▶ net reg ▶ raak aan die slaap.

Bere kom by die huis.
Pappa Beer sê, "Wie het hier aan my kos geëet?"
Mamma Beer sê, "Ja, en iemand het my kos geëet!"
Baba Beertjie sê, "Iemand het al my kos geëet!"

Pappa Beer sien sy stoel, "Maar iemand het op my stoel gesit!"
En Mamma Beer sê, "Ja, iemand het op my stoel gesit!"
En Baba Beertjie sê, "My stoel is gebreek!"

En Pappa Beer sê, "Wie was in ons huis?"

Die drie bere gaan slaap.
Hulle gaan met die trappe op.
Pappa Beer sê, "Kyk net hier! Iemand het in my bed geslaap!"
En Mamma Beer sê, "Ja, en wie was dit wat in my bed geslaap het?"
En Baba Beertjie sê, "Hah! Daar is sy, daar is sy!"

Hulle hardloop na die bed
Dogtertjie word wakker 
▶ skrik 
▶ spring op 
▶ hardloop uit die huis.

Hulle het haar nooit weer in die woud gesien nie.

3 Beertjies

More detailed

Daar was 'n Pappa Beer, en 'n Mamma Beer, en 'n Baba beer. 

En Mamma Beer het lekker kos gemaak.  Maar die kos was 'n bietjie warm, en Mamma het gesê, "Kom ons gaan stap in die woud."  En Mamma Beer en Pappa Beer en Baba Beer het in die woud gaan stap. 

En toe kom daar 'n baie mooi dogtertjie wat in die woud gestap het, en sy kom by die beertjies se huis.  En sy het gesê, "Wat is dit?"  "Dit is 'n mooi huis."  "Wow!  Ek sal ingaan." 

En die dogtertjie het ingegaan, en daar sien sy 'n groot stoel, 'n stoel wat 'n bietjie kleiner is, en 'n klein stoeltjie.  En sy gaan sit op die groot stoel, en dit is Pappa Beer se stoel.  Uh!  En sy sê, "O nee, hierdie stoel is te hard!"  En toe gaan sit sy op die Mamma Beer se stoel.  En sy sê, "Uh uh!  Hierdie stoel is te sag!"  En toe gaan sit sy op die Baba Beertjie se stoel, en sy sê, "Mmmmm!  Nou dit is 'n lekker lekker lekker stoel!"  En skielik Pggggooh!  Daar breek die stoel!  En sy sê, "Oo oo!" 

En sy sien daar is kos op die tafel, en sy sê, "Mmm, dit lyk lekker!  En sy vat 'n lepel, en sy eet van Pappa Beer se kos, en sy sê, "Uh uh!  Die kos is te warm."  En sy eet van Mamma Beer se kos, en sy sê, "Ag nee, dit is te koud!"  En toe eet sy van Baba Beertjie se kos, en sy sê, "Mmm mmm!  Dit is lekker!"  En sy eet al Baba Beertjie se kos op.  En sy sê, "Wow!  Dit is 'n lekker huis!" 

En toe gaan sy met die trappe op na die slaapkamers.  En daar sien sy drie beddens.  En sy slaap op Pappa Beer se bed, en sy sê, "Nee!  Hierdie bed is te hard!"  Toe lê sy op Mamma Beer se bed.  En sy sê, "Uh uh!  Hierdie bed is te sag!"  En toe gaan lê sy op Baba Beertjie se bed.  En sê sy, "Mmm, dit is fantasties!"  (snork...)  En sy raak aan die slaap.

En toe kom die drie bere by die huis.  En Pappa Beer sê, "Wie het hier aan my kos geëet?"  En Mamma Beer sê, "Ja, en iemand het my kos geëet!"  En Baba Beertjie sê, "Ek het nie meer kos nie.  Iemand het al my kos geëet!"   En toe sien Pappa Beer, "Maar iemand het op my stoel gesit!"  En Mamma Beer sê, "Ja, iemand het op my stoel gesit!"  En Baba Beertjie sê, "My stoel is gebreek!"  En Pappa Beer sê, "Wie was in ons huis?" 

En toe gaan Mamma Beer, en Pappa Beer en Baba Beer met die trappe op en Pappa Beer sê, "Kyk net hier!  Iemand het in my bed geslaap!"  En Mamma Beer sê, "Ja, en wie was dit wat in my bed geslaap het?"  En Baba Beertjie sê, "Hah!  Daar is sy, daar is sy!"  En toe hardloop hulle na die bed.  En die dogtertjie skrik so groot toe sy die drie Bere sien, sy spring op en hardloop uit die huis.   En sy het nooit weer in die woud gaan loop nie. 

image/svg+xmlLINK

Test graphic (SVG)