If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Raai, raai ...

    Nommer een.

Hierdie persoon werk in 'n winkel.  Hierdie persoon werk met kos.  Hierdie persoon sny die kos, en dan sit hy dit in pakkies, en dan sit hy hierdie pakkies kos in die yskas.  Nou watse kos is dit wat hy sny?  Dit is vleis wat hy sny.  Wat se werk is dit?  Wat doen hierdie man?

    Nommer twee.

Hierdie persoon werk met mense.  Hierdie persoon het lank gestudeer om hierdie werk te doen.  Hierdie persoon help jou as jy probleme het.  Maar nie alle probleme nie.  Net wanneer jy siek is, kan hierdie persoon jou help.  Hierdie persoon sê vir jou of jy medisyne moet neem, en presies watter medisyne moet jy neem.  Hierdie persoon luister na jou hart, en voel jou, en vra jou of jy pyn het, en kyk of daar simptome is van 'n siekte.  Wat is hierdie persoon se werk?

    Nou, nommer drie.

Hierdie persoon doen gevaarlike werk.  Hierdie persoon sit in 'n kantoor, en wag vir die alarm.  Wanneer die alarm daar is, dan spring hierdie persoon, en die ander werkers, in 'n groot rooi vragmotor, en hulle jaag deur die stad met 'n sirene.  Wooa! Wooah!  Wooah! Wooah!  En hulle ry tot waar daar 'n vuur is.  En dan het hulle baie water in hierdie groot vragmotor, en hulle blus die vuur.  Wat is hierdie man se werk?

    Nou, Persoon nommer...vier? 

Ek dink dit is vyf.Hierdie persoon werk met briewe en pakkies.  Hierdie persoon loop in die dorp, of ry met 'n motorfiets, of nou en dan met 'n klein karretjie.  En hierdie persoon stop by elke huis en bring vir jou 'n brief.  Hierdie persoon sit die brief in jou posbus, en as jy 'n brief gekry het, en jy het 'n seël daarop geplak, en hierdie brief is by jou posbus, dan sal hierdie persoon die brief vat, en dit vir jou pos.  Wat is hierdie persoon se werk?

     En nou vir nommer vyf.

Hierdie persoon werk op twee plekke.  In die dag werk hy by sy huis en hy werk met 'n instrument.  Nou ek gaan nie sê wat se instrument dit is nie.  Jy moet vir my sê wat dit is.  En hierdie persoon werk met die instrument die hele dag.  Dan in die aand gaan hierdie persoon na 'n groot gebou in die stad, waar al die ander werkers saam kom, en hulle almal het instrumente.  Maar almal het nie dieselfde instrumente nie.  En dan werk hulle almal saam in hierdie groot saal, en baie mense kom en kyk vir hulle, en luister na hulle.  Nou hier is die belangrike woord.  Die mense wat kom luister na hulle terwyl hulle op hierdie instrumente werk.  Nou jy sê nie hulle werk op die instrumente nie, jy sê hulle speel op die instrumente.  Aha!  So, dit is 'n musiek instrument!  Nou wat se persoon, watter werk, doen hierdie persoon?

    Nou, persoon nommer ses.

Hierdie persoon het lank studeer om hierdie werk te kan doen.  Ek dink nie dit is baie interessante werk nie, maar jy maak lekker..baie..geld.  Wat die persoon doen, is die persoon het wit klere aan, hy sit op 'n stoel, en dan kom daar iemand met 'n probleem, en hierdie man of vrou sit op die ander stoel, en hierdie man werk met instrumente in die ander persoon se mond.  En as daar gaatjies in jou tande is, dan maak hierdie persoon dit reg.  Hy stop al jou gaatjies.  Wat se persoon is dit?