If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Rooikappie 1

 

The sections to this page introduces the story, each time in a more complex way. Here is version 1 of the story with some words explained:

*food
*nobody
*to (direction)
*through

*where to
*this
*takes
*knocks
*inside

*pajamas


*nose
*smell
*eyes
*see
*ears
*hear
*mouth
*eat
*jumps
*shout
*calls
*catch
*tummy
*cuts

*stones
*throw
Mammie gee Rooikappie kos* vir Ouma.
Mammie sê, "Praat met niemand*."
Rooikappie gaan na* Ouma toe*.
Rooikappie loop deur* die bos. 
Wolf sien Rooikappie
Wolf vra Rooikappie, "Waarheen* gaan jy?"
Rooikappie "Hierdie* kos is vir Ouma."
Wolf sê totsiens en hy vat* die kortpad na Ouma toe.
Wolf klop* aan Ouma se deur.
Ouma sê, "Kom binne*."
Wolf gaan in en eet Ouma op.
Wolf trek Ouma se slaapklere* aan.
Rooikappie klop aan die deur.
Wolf sê, "Kom binne."
Rooikappie vra, "Hoekom is Ouma se neus* so groot?"
Wolf antwoord, "Om jou beter te kan ruik*, my kind."
Rooikappie vra, "Hoekom is Ouma se * so groot."
Wolf antwoord, "Om jou beter te kan sien*, my kind."
Rooikappie vra, "Hoekom is Ouma se ore* so groot?"  
Wolf antwoord, "Om jou beter te kan hoor*, my kind."
Rooikappie vra, "Hoekom is Ouma se mond* so groot?"
Wolf antwoord, "Om jou beter te kan eet*, my kind."
Wolf spring* uit die bed.
Rooikappie hardloop weg en sy skree*, "Help, help!"
Pieter hoor Rooikappie se roepe*.
Pieter vang* die wolf.  
Rooikappie sê, "Ouma is in Wolf se maag*!"
Pieter sny* Wolf se maag oop.
Ouma spring uit.
Pieter sit klippe* in Wolf se maag.
Pieter gooi* Wolf in die rivier.

Woordeskat

mandjie = basket
kos = food
loop = walk
vra = ask
langs = along, next to
eerste = first
klop = knock
hardloop = run
vang = catch
maag = stomach
klippe = stones
veilig = safe
fluit = whistle

Rooikappie 2

Mamma gee Rooikappie 'n mandjie.
In die mandjie is kos vir ouma.
Mamma sê, "Praat met niemand nie."
Rooikappie loop deur die bos.
Wolf sien Rooikappie.
Wolf vra, "Wat is in die mandjie, Rooikappie?"
Rooikappie sê, "O, hallo Wolf, dit is kos vir ouma.
Wolf sê, "Rooikappie, loop langs die rivier. Dit is die beste pad."
Rooikappie loop langs die rivier.
Wolf vat 'n kortpad.
Wolf kom eerste by ouma.
Ouma dink dit is Rooikappie.
Ouma sê, "Kom binne, Rooikappie."
Wolf eet Ouma op.
Wolf klim in die bed.
Rooikappie klop aan die deur.
Wolf sê, "Kom binne, Rooikappie."
Rooikappie gaan binne.
Rooikappie sê, "Ouma! Ouma se ore is so groot!
Wolf sê, "Dis om jou beter te kan hoor my kind."
Rooikappie vra, "Maar Ouma se oë is so groot!"
Wolf sê, "Dis om jou beter te kan sien my kind."
Rooikappie vra, "Maar Ouma se neus is so groot!"
Wolf sê, "Dis om jou beter te kan ruik my kind."
Rooikappie vra, "Maar Ouma se mond is so groot!"
Wolf sê, "Dis om jou beter te kan eet my kind."
En Wolf spring uit die bed.
Rooikappie handloop. Sy roep, "Pieter, Help, help!"
Pieter hoor vir Rooikappie.
Hy sien die wolf en hy vang die wolf.
Pieter sny Wolf se maag oop. Hy haal vir Ouma uit.
Hy sit klippe in Wolf se maag.
Hy gooi Wolf in die rivier.
Rooikappie en Ouma is veilig.
Fluit, fluit die storie is uit.

Rooikappie 3

Mamma gee vir Rooikappie 'n mandjie.
In die mandjie is kos vir ouma.
Mamma sê, "Moenie met die wolf praat nie."
Rooikappie loop deur die bos.
Wolf sien vir Rooikappie en die mandjie.
Wolf vra vir Rooikappie, "Wat is in die mandjie?"
Rooikappie sê, "O, hallo Wolf, dit is kos vir ouma.
Wolf sê, "Rooikappie, loop langs die rivier. Dit is die beste pad."
Rooikappie loop langs die rivier.
Wolf vat kortpad na Ouma toe.
Wolf klop aan ouma se deur.
Ouma dink dit is Rooikappie.
Ouma sê, "Kom binne, Rooikappie."
Wolf gaan binne en eet Ouma op.
Wolf trek Ouma se slaapklere aan.
Wolf klim in Ouma se bed.
Rooikappie klop aan die deur.
Wolf sê, "Kom binne, Rooikappie."
Rooikappie gaan binne.
Rooikappie sê, "Hallo Ouma! ...maar Ouma, hoekom is Ouma se ore so groot?
Wolf sê, "Dis om jou beter te kan hoor my kind."
Rooikappie vra, "Maar Ouma, hoekom is Ouma se oë so groot?"
Wolf sê, "Dis om jou beter te kan sien my kind."
Rooikappie vra, "Maar Ouma, hoekom is Ouma se neus so groot?"
Wolf sê, "Dis om jou beter te kan ruik my kind."
Rooikappie vra, "Maar Ouma, hoekom is Ouma se mond so groot?"
Wolf sê, "Dis om jou beter te kan eet my kind."
En Ouma spring uit die bed.
Rooikappie handloop uit die huis en sy roep, "Help, help!"
Pieter die boswagter hoor vir Rooikappie.
Hy hardloop na haar toe.
Hy sien die wolf en vang die wolf.
Pieter sny die wolf se maag oop. Hy haal vir Ouma uit.
Hy sit klippe in die wolf se maag.
Hy gooi die wolf in die rivier.
Rooikappie en Ouma is veilig.
Fluit, fluit die storie is uit.

Rooikappie 4

Mamma roep vir Rooikappie en gee vir haar 'n mandjie.
Sy sê, "Rooikappie, in die mandjie is kos vir ouma. Sal jy asseblief die kos vir Ouma vat. En moenie met enige iemand in die bos praat nie, hoor."
Rooikappie belowe haar ma sy sal met niemand praat nie.
Sy groet haar ma en loop deur die bos.
In die bos sien Wolf vir Rooikappie en die mandjie.
Wolf vra vir Rooikappie, "Wat is in die mandjie?"
Rooikappie sê, "O, hallo Wolf, dit is kos vir ouma.
Wolf het 'n plan. Hy sê vir haar, "Rooikappie, loop langs die rivier. Dit is die beste pad."
Rooikappie dink dit is 'n goeie plan en sy loop langs die rivier, maar Wolf vat 'n kortpad na Ouma toe.
Toe Wolf by Ouma aankom, klop hy aan Ouma se deur.
Ouma dink natuurlik dit is Rooikappie en sy sê, "Kom binne, Rooikappie."
Wolf gaan binne, eet Ouma op, en trek gou-gou Ouma se slaapklere aan.
Wolf spring in Ouma se bed net toe Rooikappie aan die deur klop.
Wolf sê, "Kom binne, Rooikappie."
Rooikappie gaan binne en sy skrik toe sy haar ouma sien.
Rooikappie sê, "Hallo Ouma! ...maar Ouma, hoekom is Ouma se ore so groot?
Wolf sê, "Dis om jou beter te kan hoor my kind."
Rooikappie vra, "Maar Ouma, hoekom is Ouma se oë so groot?"
Wolf sê, "O my kind, dis om jou beter te kan sien."
Rooikappie vra, "Maar Ouma, hoekom is Ouma se neus so groot?"
Wolf sê, "Ag my kind, dis om jou beter te kan ruik."
Rooikappie vra, "Maar Ouma, hoekom is Ouma se mond so groot?"
Wolf sê, "Dis om jou beter te kan eet!" en Wolf spring uit die bed.
Rooikappie handloop uit die huis en so hard as wat sy kan roep sy, "Help, help!"
Pieter die boswagter hoor vir Rooikappie se uitroep.
Hy hardloop so vinnig as wat hy kan na haar toe.
Hy sien die wolf en weet Rooikappie is in gevaar.
Hy vang die wolf en Rooikappie skree, "Wolf het vir Ouma geëet!"
Pieter sny die wolf se maag oop. Hy haal vir Ouma uit en sit klippe in die wolf se maag.
Hy werk Wolf se maag toe en gooi hom in die rivier.
Rooikappie en Ouma is veilig en Rooikappie, Ouma en Pieter gee mekaar drukkies.
Fluit, fluit die storie is uit.

Dankie Marinda!

My sincere appreciation for this reading contribution by professional voice artist, Marinda Botha. Visit her on the Web at: Her Site, Her Facebook