If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Braai Paai

Braai Paai

Probeer gerus jou eie variasie.
Die pastei kan die volgende dag weer koud ge-eet word en is dan net so lekker.

BESTANDDELE

  • Twee rolle skilferkorsdeeg (koop sommer klaar by supermark)
  • Twee dubbelle handevol gesnipperde spinasie
  • Enige tipe gaar vleis, maar gerookte hoederborsies is lekker
  • 250 gram spek 1 groot ui 1 rooi soetrissie 1 geel soetrissie
  • 250 gram sampioene
  • 100 gram Fetta kaas
  • 100 gram Cheddar kaas
  • 100 gram Mozzarella kaas
  • 1 hoendereier
  • ¼ koppie melk

 METODE

  • Ontdooi die deeg vooraf en rol uit op 'n snyplank.
  • Braai die ui en spek en laat effens afkoel.
  • Kerf die vleis, spinasie, kaas en rissies grof.
  • Plaas nou eers die helfte van die rou spinasie op die deeg, pak dan die vleis op, dan die spek en uie gevolg deur die sampioene.
  • Sprinkel so nou en dan 'n bietjie van Ina Paarman se Rosemary en Olive speserye en swart peper op - nie sout nie.
  • Die bestanddele is sout genoeg.
  • Nou volg die drie kase en laastens word alles afgerond met die ander helfte van die spinasie.
  • Sit die boonste laag deeg op en vou die rante dig toe.
  • Dit is nogal 'n hoë hopie bestanddele, maar druk dit maar vooraf 'n bietjie plat en sit dan die deeg op.
  • Verf die deeg met 'n mengsel van eier en melk
  • Gebruik 'n toebroodjierooster met randjies en braai die pastei nie te laag op die kole nie.
  • Draai gedurig om en braai vir ongeveer 20 minute tot die deeg mooi bruin is.
  • Sny in porsies en geniet dit.

Vir 'n vegetariese pastei kan die vleis net uitgelos word. Dis steeds heerlik. Maak ook jou eie kombinasies op.

Die Kwaai Braai Paai is na 20 minute gereed.