If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Kerk grappies

BELANGRIKE WAARHEDE

Gedurende hierdie ernstige en moeilike tye is daar vier belangrike waarhede wat mense van alle godsdienste moet onthou:
 
1. Muslims erken nie die Jode as God se uitverkore volk nie.
2. Die Jode erken nie Jesus as die Messias nie. 
3. Protestante erken nie die Pous as die leier van die Christelike wêreld nie. 
4. Baptiste herken mekaar nie in die drankwinkel nie.


GOEIE SAMARITAAN

     'n Sondagskool onderwyser het die storie van die Goeie Samaritaan vertel. 
     Sy vra toe vir die klas, "As jy 'n persoon langs die pad sien lê, en die persoon is gewond, en bloei, wat jou jy doen?"
     'n Skaam klein miesie sê toe nadat sy goed gedink het, "Ek dink ek sal opgooi.


HET NOAG VISGEVANG?

     'n Sondagskool onderwyser vra die klas, "Jannie, dink jy Noag het baie visgevang toe hy op die skip was?
     "Nee," antwoord Jannie. "Hoe kon hy, met net twee wurms?"


DIE HEER IS MY HERDER

     'n Sondagskool onderwyser het besluit dat die klas Psalm 23 moes memoriseer. Sy het die kinders 'n maand gegee om dit te doen. Een seun het baie gesukkel en sy het hom elke Sondag moes help.
     Ou Tienie het hard geleer, maar hy het gesukkel, tog was hy baie opgewonde om dit voor die gemeente op te sê.
     'n Maand later is almal reg, en Tienie staan voor die gemeente gryp hy die mikrofoon en hy trek los: "Die Here is my Herder, en dis al wat ek weet."


ONBEANTWOORDE GEBED

     Die preker se dogter is maar net vyf jaar oud en sy sien haar pa buig sy kop elke keer voor hy 'n preek doen. Een dag vra sy hom toe. "Hoekom buig pappa pappa se kop voordag pappa begin preek?
     "Wel, my liefling," begin hy, en hy is so trots dat sy die belangrike ding opgemerk het. "Ek vra die Here om my te help met my preek."
     "Maar hoekom antwoord Hy dan nie?" wil sy dadelik weet.


BID AAN TAFEL

     Klein Jannie en sy gesin eet Sondag middae by Ouma. Net toe almal aan tafel is, begin Ouma die kos opskep. Toe Jannie sy bord kos ontvang, begin hy dadelik eet.
     "Jannie, asseblief!" sê sy ma, "Wag asseblief tot ons gebid het."
     "Ek hoef nie," sê hy dadelik.
     "Natuurlik moet jy!" antwoord sy ma. "Ons bid altyd voordat ons by die huis eet."
     "Ja, maar dit is by ons huis." verduidelik Jannie. "Maar hierdie is Ouma se huis, en sy weet hoe om te kook."