If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
1. Waarvoor word beesvelle gebruik?Om die bees binne te hou.
2. Wat is outobiografie?Dis die ontstaan en geskiedenis van die motorkar.
3. Noem 5 dinge wat melk bevat?Kaas, botter en drie koeie.
4. Wat is die verlede tyd van eet?Honger.
5. Wat is die verkleinwoord van Oupa?Kleinseun.
6. Wat is die teenoorgestelde van kleinneef?kleinteef
7. Wat is die doel van die kies- en oogtande?Die kiestande kou die kos en die oogtande kyk dat hulle die kouwerk goed doen.
8. Voltooi die volgende idioom: Hoe meer haas...Hoe groter haaspastei.
9. Wat is die meervoud van kabeljou?Kabeljulle.
10. 'n Sin met "ter aarde bestel...""Wie op ter aarde bestel so 'n groot koek?"
11. Formule vir 'n sirkel se omtrek:"Paai straal kordaat"
12. Wat is teenoorstaande hoeke?Hoeke wat vir mekaar kyk.
13. Waarom is die seun in die verhaal gestraf?Omdat hy sy eie virgin van die volkslied gesing het.
14. Wat is 'n terminale siekte?As jy op die lughawe siek word!
15. Vertaal in Afrikaans: "I beg your pardon?"HuH?
16. Wat noem ons iemand wat velle looi?Onderwyser.
17. Wat kry jy as jy jou melktande wissel?Pepermenttande.
18. Wat sê die baba skilpad vir sy ma toe hy gaan swem?Hou my dop.
19. Wat is groen, hang in die boom en skree: "ek's 'n piesang, ek's 'n piesang!"?'n Mal appel.