If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Objectives -- on this page and sub-pages you can:

  • read, hear and watch the story in simple form
  • listen to other videos (if available)
  • link to a presentation to help you tell the story
  • hear native speakers tell the story (sub-pages)

The link: Rooikappie to help you tell the story.

Rooikappie

Die tweede storie is van 'n dogtertjie met die naam Rooikappie.
Nou Rooikappie was 'n soet dogtertjie.
Sy het haar Mamma gehelp.
Sy het vir haar Ma water gaan haal by die rivier.
Sy het die huis gewas.
Sy het baie dinge vir haar Ma gedoen.
En een dag sê Mamma vir haar, "Rooikappie, sal jy asseblief na Ouma se huis toe gaan?
En gaan gee hierdie kos vir Ouma asseblief."

Toe sê Rooikappie, "Seker Mamma, ek sal dit doen.
Dit is lekker om vir Ouma te kuier."

Maar Mamma het gesê, "Rooikappie! Jy moet nie 'n kortpad vat nie, hoor?
Bly op die paadjie, en moenie met die wolf praat nie!"

Toe sê Rooikappie, "Seker Mamma, seker."
En Rooikappie het die mandjie kos gevat en sy het deur die bos geloop na Ouma se huis toe.
En op die pad het die wolf haar gesien.
En die wolf het na haar toe gekom, en gesê, "O, hallo Rooikappie. Hoe gaan dit met jou?"

En Rooikappie het gesê, "H...Hallo wolf.
Dit gaan goed dankie, en met jou?"
Die wolf het gesê, "Uh ha, dit gaan fantasties met my, dankie, baie baie goed.
En sê my, Rooikappie, um, wat is in daardie mandjie?"
En Rooikappie het gesê, "O, Mamma het vir my hierdie kos gegee.
Ek vat dit vir Ouma."
En toe sê die wolf, "Ah ha! Jy gaan hierdie kos vir Ouma vat, nè?"
Toe sê Rooikappie, "Ja, ek hou baie van Ouma, en ek gaan vir haar hierdie kos vat."

En die wolf het gesê, "Jy is 'n baie soet dogtertjie.
Gaan nou direk na Ouma toe, ok?"
En Rooikappie het gesê, "Dankie Meneer wolf, totsiens."
En sy het op die paadjie gebly, en die lang pad na Ouma se huis toe gevat.

Die wolf het kortpad gevat en hy het deur die woud gehardloop.
En toe kom hy by Ouma se huis, en hy klop aan die deur.
En Ouma sê, "Wie is daar?"
En die wolf sê, "Dit is Rooikappie."
En Ouma sê, "Kom binne,"
En die wolf het ingekom, en vir Ouma opgeëet.
En hy het Ouma se slaapklere aangetrek, en in die bed gespring.

En toe kom Rooikappie by die huis. En Rooikappie klop (klop klop klop)
En die wolf sê, "Wie is daar?"
En Rooikappie sê, "Hallo Ouma, dit is Rooikappie."
En die wolf sê, "O, kom binne asseblief." En die wolf het vir Rooikappie gewag.

En Rooikappie het ingegaan, en sy het gesien..., "Maar Ouma, hoekom is Ouma se ore so lank?"
En die wolf het gesê, "Oo, my liewe dogtertjie, my ore is so lank om jou beter te kan hoor."
En Rooikappie sê, "Maar Ouma, hoekom is Ouma se oë so groot?"
"Aa, my dogtertjie," het die wolf gesê, "Dit is om jou beter te kan sien."
"Maar Ouma, hoekom is Ouma se neus so groot?"
"O, dit is om jou beter te kan ruik, my kind."
"Maar Ouma, hoekom is Ouma se mond so groot?"
En die wolf het gesê, "Dit is om jou beter te kan eet, my kind.
Ha! Ha!" En die wolf spring uit die bed, en gryp vir Rooikappie, en eet vir Rooikappie op!

En toe is die wolf baie groot.
En die wolf sê, "O! Nou moet ek gaan slaap in die woud."
En die wolf het uit die huis gekom, en Pieter het die wolf gesien.
En hy het die wolf gevang, en sy maag oopgekap
Hy het Rooikappie en Ouma uit die wolf se maag gespring.
En Pieter het klippe in die wolf se maag gesit, en dit toegemaak.
Hulle het die wolf in 'n put gegooi.
En die wolf het gesink, en verdrink.

Fluit fluit, my storie is uit.