VOETBAL-SPEEL
Die seuns is na die voetbal-veld.
Daar sit hul orals rond.
Kouse, skoene, baadjies uittrek —
Laat lê maar op die grond!
Die kante word nou eers gekies.
Dit is 'n kaal-voet span,
Wat skrum en skop en vang en loop,
So hard as hulle kan.
En Jan, die dom-kop van ons klas,
Is op die voetbal-veld,
Vir dié wat kyk, en dié wat speel
Niks anders as 'n held!
Hy loop soos wind en vang nooit mis.
Hy plant jou op jou kop;
So lank as jy nog gras eet daar,
Het hy 'n doel geskop!