If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Wolraad Woltemade (vertelling)

Hierdie is die verhaal van een van Suid-Afrika se bekende helde. Dis die storie van Wolraad Woltemade.

Baie baie lank terug, voor daar elektrisiteit was, in die jaar 1708 is Wolraad Woltemade in Duitsland gebore. Hy het na Afrika gegaan en in die Kaap gewoon. Sy seun, Korporaal Christian Ludwig Woltemade was aan diens as 'n soldaat. 'n Skip, De Jonghe Thomas, was gestrand met omtrent 200 mense aan boord. Dit was naby die stand en daar was mense op die strand. Hulle kon die mense op die skip sien en hulle hoor skree, maar die storm was to wild om die mense te probeer red. Van die skip se goedere het op die strand begin uitspoel, en Christian Woltemade was aan diens om seker te maak die mense steel nie die skip se goedere nie. Christian se pa, Wolraad, 'n melkboer, het te perd vir sy seun kos gebring. Almal was op die strand, en hulle het gestaan en gekyk hoe 'n gestrande skip besig was om op te breek. Niemand het geweet hoe om die mense te help nie.

Toe Wolraad op die strand met sy perd Vonk aankom, sien hy die tragiese situasie. Hy was gefrustreerd dat niemand hulp aangebied het nie. Die skip was anderkant die branders. En hy dink toe vinnig. Dadelik ry hy met sy perd die see in en toe jy by die skip kom beveel hy twee manne om in die water te spring. Met een man aan elke kant het hy die twee manne veilig op die strand gekry. Hy het sewe maal na die skip met sy perd geswem en veertien mense so gered. 

Toe was sy perd baie moeg. Ja, sy perd was uitgeput en hy moes 'n bietjie rus. Maar toe begin die die skip uitmekaar breek en die mense skree om hulp. In desperaatheid gaan jy weer met sy perd in die see in, en toe hy by die skip kom was die mense so desperaat dat te veel mense gespring het, en onder die gewig het die perd verdrink, asook Wolraad en al die mense wat gespring het.

Wolraad se liggaam is die volgende dag op die strand gevind.

Van die 191 mense op die skip het 53 oorleef, waarvan 14 deur Wolraad gered is.

Wolraad Woltemade word onthou as een van die eerste helde in die Suid Afrikaanse geskiedenis.