If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Bederfde Hond

Ons het 'n border kollie meisiekind. Sy word regtig baie bederf. Daar is altyd iemand by die huis, sodat sy nooit alleen is nie en daar is ook drie ander honde. Hulle almal word in die huis toegelaat en slaap by ons op die bed! Sy het baie speelgoed en kougoed en is nie 'n stoute hond nie. Die enigste probleem is dat sy weier om 'n bandjie om haar nek te dra. Ons wou haar vat vir opleiding by die hondeskool, maar omdat sy van kleins af weier om 'n leibandjie te dra was dit nie moontlik nie. As jy die band om haar nek sit gaan lê sy plat op die vloer en glo my so sal sy bly vir die hele dag. Ons het een keer probeer om dit te ignoreer maar sy het eers reggekry om haar poot aan deur die band te verstrengel en die volgende keer om haar onderkaak deur die band vas te haak. Daarna was ons te bang dat sy haarself kan seermaak as niemand kyk nie en het toe nie weer die band aangesit nie. Verder is sy regtig aggresief as daar mens by die hek is (ons het 'n klokkie wat die besoekers/kliënte moet lui, want die hek is gesluit). Sy probeer keer dat ons by die hek kom en gryp ons dan aan die broekspype en probeer ons van die hek af wegtrek. Is daar enige manier om haar sover te kry om die band om haar nek te aanvaar sonder om haarself te beseer. Ek dink ons het te laat probeer om haar te dissiplineer. Het u dalk raad?

Sweet en slaap probleme

My seun is in sy vroeë twintigs. Hy sweet geweldig wanneer hy slaap. Dan is sy lyf nat en yskoud. Hy word dan wakker want hy kry koud. Dit gebeur baie in die nag en hy kry maar min slaap. Is altyd moeg. Hy is ook baie maer en tel nie gewig op nie. Hy was al by 'n dokter. X-strale het gewys hy het langdurige brongitis want hy hoes al meer as 6 maande. Maar nou rook hy baie minder. Sy het gesê dat sy spiere nie genoeg suurstof kry nie as gevolg van sy asemhaling want as hy soms asemhaal, dan hoes hy so hy kan net baie vlak asemhaal. Hy is ook angstig. Hy gebruik 'n asma pompie wat baie help en hy hoes baie minder. Hy sê sy longe is nou beter asook sy asemhaling. Hy moet weer oor so 2 maande teruggaan. Ek's baie bekommerd oor hom. Sy meisie het SPA pille gebruik vir angs, sweet en dit het haar gehelp. Kan ek dit vir hom gee? Ek's raadop. Sy bloedtoetse was als normaal. Hy studeer tans aanlyn. Wat kan ek gee wat gaan help? Hy gaan agteruit en sê net daar is niks fout nie. Ek weet hy is sielsongelukkig omdat hy nie weet wat fout is nie. Hy voel nie reg nie en die angs en sweet maak hom raadop.