Ensiklopedie van klassieke musikante
Saamgestel deur Wynand de Beer (hersien 2014)
___________________________________________________________________________
Notas tot die teks
(i) Tydperke in Westerse musiek sedert die jaar 1000 (jaartalle by benadering):
Middeleeus: 1000-1450
Renaissance: 1450-1600
Barok: 1600-1750
Klassiek: 1750-1820
Romanties: 1800-1950 (oorvleuel dus met Klassiek)
Modern: 1900-hede (oorvleuel dus met laat-Romanties).
(ii) Verwysings na Kerkmusiek sluit alle gewyde werke in, soos gewyde kantates, passies, oratoriums, misse, motette, dodemisse, lofsange en litanieë.
(iii) Russiese name is in Afrikaans getranslitereer, byvoorbeeld -vich word -witsj, Yevgeny word Jewgeni, -slav word -slaf, sh word sj, -yev word -jef, kh word ch, ensomeer.
(iv) Duitse en Skandinawiese name is volgens die Germaanse spelling geskryf, byvoorbeeld Björling in plaas van Bjoerling, Fassbänder in plaas van Fassbaender, ensomeer.
(v) Opnames aan die einde van musici se inskrywings verwys na dié wat in musiekgidse of -tydskrifte as uitstekend/hoogstaande gegradeer word. Sleutelopnames is dié wat in die Gramophone en Penguin gidse so aangedui word.
(vi) Die volgende afkortings is vir Britse eretitels gebruik:
CBE - Commander of the Order of the British Empire
CMG - Companion of the Order of St Michael and St George
OBE - Officer of the Order of the British Empire
(vii) In gevalle waar die geboortejaar van ‘n musikant nie bekend is nie, word dit met ‘n ? aangedui.
(viii) ‘n Lys operas en operettes in die teks met komponiste, asook ‘n bronnelys word aan die einde van die lys vermeld.