If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Ensiklopedie van klassieke musikante

Saamgestel deur Wynand de Beer (hersien 2014)

___________________________________________________________________________

Notas tot die teks

(i)         Tydperke in Westerse musiek sedert die jaar 1000 (jaartalle by benadering):

                        Middeleeus:                1000-1450
                        Renaissance:              1450-1600
                        Barok:                         1600-1750
                        Klassiek:                      1750-1820
                        Romanties:                  1800-1950 (oorvleuel dus met Klassiek)
                        Modern:                      1900-hede (oorvleuel dus met laat-Romanties).

(ii)     Verwysings na Kerkmusiek sluit alle gewyde werke in, soos gewyde kantates, passies, oratoriums, misse, motette, dodemisse, lofsange en litanieë.

(iii)    Russiese name is in Afrikaans getranslitereer, byvoorbeeld -vich word -witsj, Yevgeny word Jewgeni, -slav word -slaf, sh word sj, -yev word -jef, kh word ch, ensomeer.

(iv)    Duitse en Skandinawiese name is volgens die Germaanse spelling geskryf, byvoorbeeld Björling in plaas van Bjoerling, Fassbänder in plaas van Fassbaender, ensomeer.

(v)     Opnames aan die einde van musici se inskrywings verwys na dié wat in musiekgidse of -tydskrifte as uitstekend/hoogstaande gegradeer word. Sleutelopnames is dié wat in die Gramophone en Penguin gidse so aangedui word.

(vi)       Die volgende afkortings is vir Britse eretitels gebruik:

                       CBE - Commander of the Order of the British Empire
                       CMG - Companion of the Order of St Michael and St George
                       OBE - Officer of the Order of the British Empire

(vii)      In gevalle waar die geboortejaar van ‘n musikant nie bekend is nie, word dit met ‘n ? aangedui.

(viii)     ‘n Lys operas en operettes in die teks met komponiste, asook ‘n bronnelys word aan die einde van die lys vermeld.