If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Biografie

Dit was op driejarige ouderdom dat Abel sy bottels vir 'n kitaartjie verruil het...die res is geskiedenis...

It was at the age of three that Abel traded his bottles for a little guitar and the rest is history...

Die eerste Album, "Woorde op 'n wynboks", is in 2003 opgeneem en vrygestel. Die album is opgeneem met Gian Groen aan die stuur van produksie. Die doel van die album was om die Kraamsaal naam daar buite te kry en stelselmatig 'n markaandeel te verseker. Die album is baie goed deur die publiek en media ontvang.

Die 2de album, "Wonder jy ook soms?", is aan die einde van 2004 opgeneem en vrygestel in 2005. Hierdie album bestaan uit 13 tracks en bring die Kraamsaal klank en diversiteit na vore. Dis 'n unieke album wat met jou verbeelding en emosies wipplank ry en jou voete laat jeuk op party plekke. Dis op hierdie klank en kwaliteit wat ons wil voorbou.

Die 3de album, "Sondeval". Die plan was oorspronklik om 'n anderse album te maak en in 'n mate is dit effens anders as die voriges, of het die musiek net evolve? Besluit self. Die cd bestaan uit 12 songs, 9 Afrikaans en 3 Engels.