If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Biografie

Chris Chameleon word tans beskou as 'n fenomeen op die Suid-Afrikaanse musiekfront. Met sy eiesoortige, uitsonderlike styl en vermoë om gehore te bekoor met sy stem wat oor 4 oktawe strek, word Chris gereken as een van die belangrikste en mees gewilde kunstenaars van ons tyd.

Chris is die afgelope twee jaar bekroon met die indrukwekkende totaal van 14 toekennings, onder andere 'n SAMA Toekenning vir Beste Afrikaanse Kontemporêre Album vir "7 de Hemel" en `n Erepenning van die Suid Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy bydrae tot Ligte Afrikaanse Musiek.

Chris Chameleon het sy loopbaan as 'n akteur begin en het reeds op 'n jong ouderdom 'n DALRO toekenning vir sy toneelspel ontvang. Hy het tussen 1990 en 2000 in meer as 30 televisiereekse (oa Egoli, Konings, Sonkring, Glaskasteel), films en videos opgetree. Daarna het die musiekgogga gebyt en word hy die plofbare voorsanger en baskitaarspeler vir die bekende 'monki punk' trio Boo!

n die 7 jaar van Boo! se bestaan het hulle wêreldwye aanhangers gewerf en meer as 800 vertonings in 17 lande gelewer. Boo! was ook na verskeie musiekfeeste in beide Europa en Amerika genooi, waar hulle die verhoog gedeel het met internasionale groepe soos White Stripes, Limp Bizkit, Slipknot, Franz Ferdinand, Cypress Hill, Coldplay ens. Boo! is in 2002 bekroon met 'n SAMA Toekenning vir "Beste Pop album".

Nadat Boo! in 2004 uitmekaar is, het Chris Chameleon teruggekeer na Suid-Afrika om sy herkoms te vier met die bekendstelling van sy eerste Afrikaanse werk: 'Ek herhaal jou', 'n album met Chris se eie toonsettings van verskeie Ingrid Jonker gedigte.

Chameleon het met hierdie werk daarin geslaag om die digkuns van Ingrid Jonker op 'n modern toeganklike en sensitiewe wyse weer te gee. Chameleon se bydrae tot die herlewing van digkuns by n breër publiek is ook 'n noemenswaardige gevolg van 'Ek herhaal jou.' Sy insluiting in die span aanstaande skrywers en digters vanuit Nederland en Curacao by geleentheid van die Derde Simposium vir swart Afrikaanse skrywers by UWK in 2006, onder leiding van Antjie Krog, is beduidend van die erkenning wat daar onder sommige van die voorste akademici bestaan vir die rol wat sy akkurate toonsettings in die bevordering van Afrikaanse digkuns speel.

'Ek herhaal jou' het in Augustus 2006 Goue Status bereik en in Desember 2007 Platinum Status. Die album was ook benoem vir 'n SAMA toekenning vir Beste Afrikaanse Kontemporêre Album.

In 2006 het Chris Chameleon die eerste Suid Afrikaanse kunstenaar geword wat op dieselfde dag twee totaal verskillende albums uitgereik het: '7de Hemel', wat in Augustus 2006 platinum status bereik het, is Chris se tweede Afrikaanse album. Dit bestaan uit liedjies wat hy geskryf en gekomponeer het vir die karakter Liam, wat hy vanaf Mei tot Julie 2007 op 7 de Laan, SABC 2 vertolk het. 'Shine' is Chris se eerste Engelse solo album en die liedjies daarop is meestal opgedra aan spesifieke vroue in Chris se lewe.

Dit is 'n besonderse prestasie dat beide hierdie albums in 2007 vir die gesogte jaarlikse SAMA Toekennings benoem is: '7 de Hemel' het die SAMA vir Beste Afrikaanse Kontemporêre Album gewen en 'Shine' is benoem in die kategorie vir Beste Engelse Alternatiewe Album. Chris se talent as veelsydige liedjieskrywer en musiekverwerker is ook aangeprys deurdat die lied "Anywhere" vanaf 'Shine' die semi-finale rondte in die Internasionale Liedjieskryf Kompetisie (ISC) behaal het, en die lied "Droomland" vanaf '7 de Hemel' vir 'n SAMA vir Liedjie van die Jaar genomineer was.

Chris Chameleon se populariteit en wêreld-klas talent spreek verder duidelik uit die verskeie toekennings wat hy die afgelope jaar ingepalm het:
* SAMA Toekenning vir Beste Afrikaanse Kontemporêre Album "7de Hemel". 2007
* Erepenning toegeken deur die Suid Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir bydrae tot Ligte Afrikaanse Musiek. 2007
* FAK Toekenning vir Buitengewone Kultuurprestasie. 2007
* Vonk Toekenning vir Beste Manlike Solo Kunstenaar. 2007
* Vonk Toekenning vir Beste Liedjieskrywer vir "Sterredank."
* KANNA Toekenning vir Beste Prestasie Musiekteater KKNK. 2007
* People's Choice Gewildheidstoekennning vir Klassieke Chameleon by Aardklop 2007
* Huisgenoot Tempo Toekenning vir Gewildste Kontemporêre Kunstenaar. 2006
* Vonk Toekenning vir Beste Manlike Kunstenaar. 2006
* Vonk Toekenning vir Beste Manlike Album "Ek Herhaal Jou." 2006
* MK89 Toekenning vir Beste Solo Video "Die Onverkrygbare." 2006
* MK89 Toekenning vir Sexieste Video "Die Onverkrygbare." 2006
* AMT Toekenning vir Beste Manlike Album "7de Hemel." 2007
* AMT Toekenning vir Beste Manlike Video "Groet." 2007
* Chris het in 2007 ook die gewildheids-lyste van twee bekende Engelse Suid-Afrikaanse tydskrifte gehaal: Hy is no 6 op GQ tydskrif se Stylvolste Manlike Top 10 lys en is no 52 op HEAT tydskrif se 100 mees gewilde sterre-lys. (Heat Hot 100)Chris Chameleon se populariteit en wêreld-klas talent spreek verder duidelik uit die verskeie toekennings wat hy die afgelope jaar ingepalm het:
* SAMA Toekenning vir Beste Afrikaanse Kontemporêre Album "7de Hemel". 2007
* Erepenning toegeken deur die Suid Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir bydrae tot Ligte Afrikaanse Musiek. 2007
* FAK Toekenning vir Buitengewone Kultuurprestasie. 2007
* Vonk Toekenning vir Beste Manlike Solo Kunstenaar. 2007
* Vonk Toekenning vir Beste Liedjieskrywer vir "Sterredank."
* KANNA Toekenning vir Beste Prestasie Musiekteater KKNK. 2007
* People's Choice Gewildheidstoekennning vir Klassieke Chameleon by Aardklop 2007
* Huisgenoot Tempo Toekenning vir Gewildste Kontemporêre Kunstenaar. 2006
* Vonk Toekenning vir Beste Manlike Kunstenaar. 2006
* Vonk Toekenning vir Beste Manlike Album "Ek Herhaal Jou." 2006
* MK89 Toekenning vir Beste Solo Video "Die Onverkrygbare." 2006
* MK89 Toekenning vir Sexieste Video "Die Onverkrygbare." 2006
* AMT Toekenning vir Beste Manlike Album "7de Hemel." 2007
* AMT Toekenning vir Beste Manlike Video "Groet." 2007
* Chris het in 2007 ook die gewildheids-lyste van twee bekende Engelse Suid-Afrikaanse tydskrifte gehaal: Hy is no 6 op GQ tydskrif se Stylvolste Manlike Top 10 lys en is no 52 op HEAT tydskrif se 100 mees gewilde sterre-lys. (Heat Hot 100)

Chris Chameleon het in Julie 2007 sy derde Afrikaanse album 'Ek vir jou' bekendgestel. 'Ek vir jou' vertel die verhaal van die verloop van 'n verhouding: vanaf liefde met die eerste oogopslag tot die uiteindelike ontknoping daarvan. Elkeen van die 11 liedjies is so geskryf dat dit op sy eie onafhanklik van die ander kan staan, terwyl dit terselfdetyd deel van 'n chronologiese verhaal is. 'Ek vir jou' het in September 2007 goue status in verkope behaal.

Chris Chameleon en sy orkes het in Maart 2007 'n skouspelagtige rock vertoning in Stellenbosch se Stadsaal gelewer. Hierdie vertoning is op DVD opgeneem en is 'n kleurvolle en flambojante tentoonstelling van Chris en sy orkes se veelsydige musikale talente. Die DVD getiteld 'Flight of an Extraordinary Alien' is in September 2007 uitgereik.

Chris Chameleon het in Augustus 2007 'n kontrak met Excelsior Recordings in Nederland geteken vir die verspreiding en bemarking van sy nuwe album 'Ek vir jou' in die Benelux lande. (Nederland, België en Luxembourg.) Chris was vanaf 19 Oktober tot 29 November 2007 in Nederland vir 'n teater- toer deur die Benelux lande saam met een van Nederland se mees gewilde groepe, "Spinvis." Die toer was 'n groot sukses: Die ontvangs was wonderlik en Chris se Cd's het van die rakke af gevlieg. Resensies in verskeie Nederlande publikasies het Chris as 'n "besonderse" kunstenaar geprys. Chris het reeds drie toere vir 2008 in die Benelux lande bespreek en sal in die komende jare byna die helfte van sy werktyd oorsee spandeer.

 

Biography

Innovative, prolific and endlessly creative, Chris Chameleon is currently being hailed as a phenomenon on the South African Music front. He has a style all his own and a reputation for mesmerizing audiences with his four octave voice range and irresistible stage personality. His versatile and exceptional talent has won him rave reviews and a total of fourteen impressive awards over the past year, including a SAMA and a Medal of Honor from the South African Academy of Science and Arts.

Chris Chameleon can take anyone on a musical journey that fuels their aural fantasies, simply with a guitar and his magical and unusual voice-work. If this last year is anything to go by, Chris Chameleon seems set to become one of the most important musicians of our time, and a truly international homeboy.

Background in brief

In 1997, Chris Chameleon became the bassist and front man of one of South Africa's proudest musical exports, Boo! In 7 years Boo! acquired an enormous cult following worldwide by performing 800 gigs in 17 countries, including 14 states in the USA as well as countries such as Hungary and Croatia. Boo! performed at many European and American festivals with the likes of the White Stripes, Limp Bizkit, Slipknot, Franz Ferdinand, Cypress Hill, Coldplay and many more. The band also received a South African Music Award (SAMA) in 2002 for 'Best Pop Album.'

Boo! disbanded in 2004 giving Chameleon the opportunity to go solo and explore his South African roots by releasing the critically acclaimed 'Ek Herhaal Jou' ("I repeat you") a composition of iconic 60's poet Ingrid Jonker's poetry. 'Ek Herhaal Jou' was nominated for a 2006 South African Music Award for Best Adult Contemporary Afrikaans Album. 'Ek herhaal jou' reached gold status in South Africa in July 2006 and platinum status in December 2007.

2006 saw the simultaneous release of his first English solo rock album, 'Shine', an album that is loaded with power, passion and beautiful melodies, and a second Afrikaans album, '7 de Hemel' which consists of songs performed by the versatile Chameleon as the popular character Liam in the nation's favourite SABC 2 soap opera '7 de Laan'. '7de Hemel' reached platinum status within its first 2 months of release. 'Shine' produced various chart topping singles on national commercial radio stations and was nominated for a SAMA 2007 Award for Best Alternative Album.

The single "Anywhere" from album 'Shine' was entered for the International Songwriting Competition (ISC) and reached the semi-finals in February 2007.

In July 2007, Chris Chameleon released his third Afrikaans album 'Ek Vir Jou' which achieved gold status in less than two months after its release. 'Ek Vir Jou' tells the story of the development of a romantic relationship: from love at first sight to the eventual unravelling of the romance. Chris Chameleon's extraordinary songwriting ability is apparent in the fact that each of the eleven tracks constitutes strong individual singles, while at the same time they all form part of a chronological whole.

Chris also released a live rock DVD in October 2007: "Flight of an Extraordinary Alien" Chris Chameleon's exhilarating stage presence and mesmerizing 4-octave voicework is perfectly captured in this live DVD that was recorded in Stellenbosch Townhall in March 2007.

Chris Chameleon's popularity and world-class talent has also been evident from various awards that he has won over the past two years. These are:

* SAMA Award for Best Afrikaans Contemporary Album - "7de Hemel." 2007
* Medal of Honor: Awarded to Chris by the SA Academy of Science and Art for his contribution to Afrikaans Music. 2007
* FAK Award for Exceptional Cultural Achievement. 2007
* VONK Award for Best Male Solo Artist. 2007
* VONK Award for Best Songwriter for STERREDANK. 2007
* KANNA Award for Best Music Theatre Production at KKNK. 2007
* People's Choice Award for KLASSIEKE CHAMELEON at Aardklop 2007
* Huisgenoot Tempo Award for Favourite Contemporary Artist. 2006
* Vonk Award for Best Male Artist. 2006
* Vonk Award for Best Male Album "Ek Herhaal Jou." 2006
* MK89 Award for Best Solo Video "Die Onverkrygbare." 2006
* MK89 Award for Sexiest Video "Die Onverkrygbare." 2006
* AMT Award for Best Male Album: "7de Hemel." 2006
* AMT Award for Best Male video: "Groet." 2006
(Further SAMA 2007 nominations included "Droomland" for Song of the Year and 'Shine' for Best Alternative Album.)

English South African publications HEAT and GQ magazines have included Chris Chameleon in their top listings for 2007: Chris reached the no 6 position of the GQ Best Dressed Male Celebrity Top 10-list, as well as the no 52 position on the HEAT Hot 100 Celebrity list.

In August 2007, Chris Chameleon signed a record deal with the premier independent label in the Netherlands, Excelsior Recordings. 'Ek vir jou' is being distributed by Excelsior Recordings in the Benelux countries (The Netherlands, Belgium and Luxembourg.) Chris toured the Benelux from 19 October to 29 November together with one of the most popular groups in the Benelux,"Spinvis." The tour was a great success. Rave reviews appeared in various Dutch publications and Chris will be spending more time in the Benelux countries in 2008.

With Excelsior Recordings on his side and a growing fanbase in the Netherlands, Chris Chameleon is set to be a pioneering force for South African music in the Benelux countries.