If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Biografie

Machiel Roets is gebore in op ‘n plaas, Langspruit, naby Harrismith in die Vrystaat. Vanaf die ouderdom van 9 begin hy met klavierlesse. Na hy matrikuleer aan Hoërskool Ladysmith in Natal studeer hy vir 4 jaar sang by prof. Werner Nel. Hy werf sy B.Mus graad by die Potchefstroomse Universiteit.

Machiel het in 1997 die wêreld oorsee gaan verken. Hy het eers 'n paar maande in Amsterdam spandeer en is daarna Engeland toe.

In 1998 het hy 'n pos by die Sylvia Young Theatre School gekry as sang dosent en 'musical director' . Hier was van sy leerlinge o.a Lee Ryan van die boyband 'Blue' en Matt Sargeant van die groep 'Busted'. Later is hy 'n pos aangebied as hoof van musiek by Redroofs Theatre College waar bekendens o.a Kate Winslet studeer het.

Machiel was ook vir drie opeenvolgende jare ATKV Crescendo finalis 1999, 2000 en 2001. In Engeland het Machiel al opgetree saam met bekendes soos
Pieter Smith, Dissellblom en Anton Goosen. Van Machiel se musiek is ook al opgeneem deur
Eden en Shine 4. Machiel het ook as pianis op die 'chatshow' genaamd 'The Graham Norton Show' gewerk, waar hy met name soos Phill Collins, Val Kilmer en Eric Mcormack (Will van Will & Grace) op die kassie verskyn het.

Machiel het sy eerste cd 'Afrika Kind' in London uitgereik. Dit is ook die eerste afrikaanse cd wat in Engeland opgeneem en vervaardig is.

Machiel tree gereeld op in die Aardvark Pub in London en ook by die Halfmoon in Putney waar U2 en The Rolling Stones hulle name gemaak het.