If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Biografie

Die koor word verteenwoordig deur leerlinge van verskeie skole regoor Pretoria. Die primêre doel van die koor is om aan kinders die blootstelling te gee terwyl hul vokale talente ontwikkel word. Die koor staan onderleiding van Mev Hannelie van Sittert en Mnr. Alwyn van Heerden.

Die Magaliesberg Kinderkoor is in 1997 deur Hannelie van Sittert (BMus Hons.) en Alwyn van Heerden (B Mus – Cum Laude) gestig.

In 1999 word hulle gekeur vir die Aardklopfees in Potchefstroom en in 2000 maak hulle hul debuut by die KKNK in Oudtshoorn.

In 2001 neem hulle deel aan ‘n internasionale musiekfees in Bavaria, Duitsland en toer ook na Oostenryk en Frankryk. Tydens die musiekfees is hulle deur die Prinses van Loventein genooi om gedurende ‘n mis by die paleis op te tree.

In 2002 word hulle as die top koor aangewys tydens die Rentmeester Kunstefees en tree weer in 2006 op by die Rentmeester Kunstefees. In 2004 onderneem die koor ‘n toer na Nederland en Praag. Hulle neem deel aan ‘n Internasionale Advent- en Kersmusiek kompetisie in Praag – Tsjeggiese Rupliek – Uit 50 kore verower hulle Goud!

Die koor het ‘n toer Italië toe onderneem in Junie ’07 en deelgeneem aan die mis in Rome en verskeie konserte in Venice, Florence en die Tuscany Fees. Hulle het ook op 4 Augustus 2007 deelgeneem aan die Tshwane Jeugkunstefees.

Die koor het reeds 4 CD’s op hulle kerfstok en het verskeie radio en televisie programme gedoen vir die SAUK.

Biography

English translation not available yet.