If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Heimwee

My hart verlang na die stilte
van die wye wuiwende veld;
ver van die stadsgeluide,
en die klinkende klank van geld.

Ek is moeg vir die rustelose lewe
van mense wat kom en gaan.
'k Wil terug na die vrye ruimte
waar 'n siel in woon, wat verstaan.

O, ek sien weer die son op die velde
en die ewige blou daarbo.
En my hart skiet vol van heimwee,
en my drome swem in my oë.

Ek sien weer die ylbloue berge
daar ver oor die westerkim,
en wonder nie meer waarom weemoed
so sag uit my liedere klim.

Klim na die grys lug bowe
waar die son in die miste kwyn,
want o, ek verlang na die velde,
Na die ewige sonneskyn.

English lyrics still to come