If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

In Die Groot Skool (klavier)

1.

As mens eers in die groot skool is
kan jy g'n enkel skooldag mis,
want elke dag is daar 'n les,
nee drie en vier en vyf en ses!

En as jy wegbly is daar nul
in al jou boeke ingevul.
Die juffrou wil die kinders leer,
so word hul kennis meer en meer.

2.

Die rugbyspan kan glad nie speel
as almal nie die werk verdeel,
en daar sal nooit 'n koor kan sing
as elkeen nie sy deeltjie bring.

So moet 'n mens jou werkies doen
want jy alleen staan in jou skoen.
EN word jy dalk verkoue, maat,
word gou gesond, dit is my raad.

Copyright © A. de Witt, R. Bezuidenhout

1.

As mens eers in die groot skool is
kan jy g'n enkel skooldag mis,
want elke dag is daar 'n les,
nee drie en vier en vyf en ses!

En as jy wegbly is daar nul
in al jou boeke ingevul.
Die juffrou wil die kinders leer,
so word hul kennis meer en meer.

2.

Die rugbyspan kan glad nie speel
as almal nie die werk verdeel,
en daar sal nooit 'n koor kan sing
as elkeen nie sy deeltjie bring.

So moet 'n mens jou werkies doen
want jy alleen staan in jou skoen.
EN word jy dalk verkoue, maat,
word gou gesond, dit is my raad.