Die Wit Rokkie
die welsyntannie het jou self gemaak
jy was rêrig nie my voorkeur smaak
maar wel nuut, kreukelvry en spierwit
my eerste nuwe rok wat ek sou besit
dieselfde patroon vir al ses sussies gebring
want ons sou mooi om die graf moes sing
nege kindersoldaatjies almal ingeryg
’n baba van ses dae wat nog aan moederbors suig
Oom Dominee mompel en die familie tjank
my beentjies word lam want hy vat te lank
stadig draai ek droë oog om om weg te stap
hierna word wit crimpelene ’n vuil vloerlap