Dit wens ek
Ek wens jou
oneindige vry-vreugde
sodat jou barre gemoed -
transformeer na lente.
Ek wens jou
bitter smart en pyn,
om klein lewensdiamante -
grotesk vir jou te laat skyn.
Ek wens jou
hittestrale van die son,
omdat dit juis jou uitkyk -
jou houding –manipuleer.
Ek wens jou
Gods blou-beker reën,
vol trane van geluk -
as jy reënboog gewaar.
Ek wens jou net genoeg
om dag vir dag te neem,
met geen bekommernis -
berus in Skepper-seën.