Foto in Raam
in swart en wit
met geelhout omraam
pronk jy teen die oorkanste muur
harde ysoë wat my koud aangluur
een keer per week of soos ek voel
word jy met stoffer bygedam
en dan is ons twee in diepe gesprek
wie hou vir wie hier vir die gek
eendag is eendag – glo vir my
tarantula se kind wat ek bly vermy
my seun dink jou foto is hengse grap
by Daantjie in kallerhok gaan sy sweet tap