Hanepoot-kroos
geelgroen en half oorryp
hang jy hoogdragtig
in hanepoot wingerd
wag jy geduldig
vir snoeiskêr vroedvrou
om naelstring te kom knip
soos uurglas leegloop
swel jy tot barstens
en soet vrugwater drup
ovaal kinderkorrels spat
soos jy plons in die krat
en jul word versigtig
op die wa weggevat