Jy is my
Eerste doudruppel op roosblaar,
Stewig’ anker in stormwind,
’n voortbeur wind-tentseil,
deur onweer en onheil.
Rots waarop ek vastrap,
as wankelvoete sou gly,
kus van my oggendson,
sy-sag toeweef kokon.
Tarentaalkolle in my skets,
met skitter- goud omraam,
voortdurend’ brulpadda-klets,
stewig in geheue afgeëets.