Met hartspante omvou
Menige male sonder tal
as ek jou ruimte binnetree,
jou met hartspante omvou -
is dit of ek skielik onthou,
dat daar distels en dorings lê,
wat been-diep kerf en brand
soos gloeiende kole vuur
en vir ewigheid bly duur
trippel ek katvoet verby,
begrawe dit diep in 'n kelder,
want skitterpêrel wat ek koester
klap summier toe soos ’n oester.