Nag
die lewe grom grillerig
dit skommel skud en skuur
teen die loodgrys koudheid
van sand en klipmuur
mensgemaakte oë
hou ongewensdes uit
maar buite in die strate
maak diere steeds hul buit
soos ’n vlerkklappende mot
spartel en een word met was
so trek die nag skimme na sy hart
en hou dit met mening vas
die nagson verf grysvaal kleure
in skakerings van wit en swart
en bibberend, afwagtend
iewers in die hoek van ’n murasie
fetuskrul ’n armsalige prooi
wat roofdier van lewe wou tart