Ou Doringboom
Wortel-anker in Bosveld,
pronk jou volkleurprag,
getooi in duisend blomme, geelgoud -
son in jou drag.
Jy bied die lawe-koelte,
op ’n warm snikheet-dag,
so herwin ons daagliks,
kosbaar’ lewenskrag.
Skurwe, donker bas,
wit doring-wapen,
drup jou eie hartseer gom -
oor ’n stam lank reeds krom.