Skatkis Spens
van geslag tot geslag het jy saamgerol
want gestoor in jou blik boepens
is daar suiker, meel graan en rys
so hou jy ook ons pensies vol
toentertyd se skatkis spens
vandag nogsteeds ’n boer se trots
elke vakkie met styfpassende deksel
bly jou vrag aldeur droog en koel
onder jou voete is daar wiele monteer
om maklik te beweeg en skerp te draai
ja sonder hierdie ronde wonders
was arme oupa se rug al in sy maai