Skeepswrak transformasie
Tussen erosieroes metaalskerf
van eens reuse, trots vegskip -
het haar verlange vasgekleef,
tussen vaal seewier en koraal,
was haar drome vasgeweef.
In die oopbek splinter skatkis,
tussen edelsteen en munte -
het toeka se skitter pêrels,
aan flenterstring goudketting,
leweloos, doelloos gehang.
Soos verweerde skeepsanker,
begrawe in soutsee sand -
is haar hart se binnekant,
deur seerowers van liefde,
aan diep wraksee verpand.
Maar op die kanteldek,
langs die skip se stuur -
hang stringe vol oesters
waar pêrels transformeer
wagtend op die goue uur.