So vries die uurglas
Wange veerlig, veilig
in handpalms gekelk,
praat oë woord’loos
want beide onthou -
tye van saamsmelt,
volkome behoort,
vry- ongebonde
sorge oorboord.
Wedersydse besef,
klankloos verstaan,
waaroor die unieke
weelde- oomblik gaan.
Herinnering kleurvol
in rooi, wit en goud
veilig diep opgesluit
in kis van Geelhout
So vries die uurglas,
sandkorrels versteen,
vir etlike oomblik
vir ewig - net een.
Ritmiese hartklop
tik lewens voort
want deur Sy wil
is dit hoe dit hoort.