Spierwit Lelie
Daar het ’n spierwit Lelie
regs langs ‘n rots gestaan,
almal het dit bewonder
wat daagliks daar verbygaan
skielik hoor mens die donder
die weerlig teken 'n pad -
nou vries ieder en wonder -
sal lelie die aanslag hanteer?
Bekommernis was oorboord
want plantjie staan ongestoord
en op sy spierwit blomblaar -
skyn reëndruppels wat terugstaar