Uit ‘n Boomlens
Stom staan jy – starend,
na grusame toneel
wat hom herhaaldelik
in jou skadu afspeel.
Seksueel aangerand,
agter jou rug- beide hand,
vasgebind met leerlyfband,
vrot stanksweet wat brand.
Hoor jou skrille gille!
eggo vergeefs verlore,
in vlak-graf word jy gelos,
as brommer-aasvoëlkos,
in hierdie verlate helbos.
My tenger takke treur,
boomgomtrane drup,
weer en weer en weer -
soos my stam stukkend skeur.
Jou ganse lewe lê nog voor,
tragies om dit nou te verloor,
ag Here hoeveel keer -
gaan dit nog hier gebeur?