Sing vir my
Sing vir my van die son. | - | |
Van die lied wat deur my gaan. | - | |
Van groot kraters op die maan. | - | |
Die steppe roofvis, as jy kon. | - | |
Sing vir my van plantvlotte | - | |
waar paddas rustig slaap. | - | |
Lui – lui kriekies hul vergaap | - | |
aan fee – musiek op potte. | - | |
Sing vir my van die koningsarend | - | |
se tydlose geroep oor die Vaal. | - | |
Gesoek; ’n bergmeerkat vir ’n maal | - | |
met nostalgiese gesweef op die wind. | - | |
Sing vir my, van jou angstige liefdesroep | - | |
terwyl ek dans, meedoen, roep – roep. | - | |