Een Lewe
Die snoer het mooi vir my geval
in ou Suidwes se vroeë dae.
Die lug was toe nog blou, die wolke wit of grou
as dreigend uit die Noorde
die onweer grommend bou.
ʼn Kind se avonture – my kleintyd in die veld –
hoe tragies dat mens later
dit als verlaat vir geld.
Nou kyk ek na die stad se liggies
met oë wat van beter weet en’k sien
hoe nietig is die mens se hoë
aspirasies wat hy dom-slaafs dien.