En As Ek Dood Is
‘n Halfeeu lang dra ons die soet herinnering
van jare reeds vervloë
van agtuurklasse en huisdinees
van jonk en argeloos gelukkig wees.
Want waar is nog ‘n laan
waar jongelinge in die skemer gaan
omarm, en met oë blink
die onseker toekoms nader wink
en waar is nog ‘n straat
soos Stellenbosch se Victoriastraat
waar jonkwees so gelééf word
en die oudword so vergeet word?
Waar reuse ou eike langs Eersterivier pryk
is ons gegiet, gevorm, verryk,
en oor soveel somers, helder en soel
het mensword hom in ons losgewoel.