Op die Strand
Mistig sak sy teen die kranse af
in haar flenter waterkaros
en laer en laer oor die hange af
en deur die strate van Stellenbosch
sleep haar nat voete
en haar trane spat teen die ruite
want dis koud en winter buite.
Sy huil in die wind haar weemoed uit
oor ‘n somerliefde lank verlore
maar September word in die botsels
haar vreugde weer herbore
en Kersfees pryk sy in ‘n skare
van trosse en blare en geil koringare.