Verstaan
Met deernis, liefde en genade
betrag u daagliks, Heer ons God,
ons doen en late en ons dade
en bepaal ons deel en lot.
Ons kyk en sien en leef met die gegewe,
aanvaar die dinge van ons aards bestaan,
maar gee ons Heer net so ‘n bietjie –
‘n bietjie meer verstaan …