Na die Son
Deur wind en reën, hael en ryp
staan Karee, Olienhout en die Wildepeer
met wortels wat deur elke donker skeur
na water en die dieper aarde gryp.
So my lief, groei ek met stam en tak en bas
net dieper aan jou donker oë vas
en ek stoot, soos elke lente kom,
my lootjies met ‘n danklied
opwaarts na die son.