Verlore Goedere
Hoe lank al sedert meeue en die see,
die rotse en die wind
ons harte en ons lewens
vas aan mekaar wou bind?
So lank al wag ek op die dag
en hunker ek na jou
dat ek my pêrelskulpie
as net my eie vas sal hou.
Maar pynlik skeur jy uit my hande
my oë sterf, ek krimp ineen.
Deur trane stamel ek aan God my vrae.
Sy plan vir my ken Hy alleen.