Die Dagtog
04h00 Spring op, die hele spul.
Stilletjies sluip ons die stad uit.
'n Uitstappie vir avontuur -- 6 ure weg.
'n Reis in die donker.
Dis dagbreek.
Die bruin-vaal heuwels.
Die ruigdheid neem toe.
Dis woude -- dik ou bome.
Sneeuwêreld.
'n Sneeustorm -- wit paaie.
Versigtige verkeer.
Weer son, skoon paaie.
Dun-regop Aspen woude.
12h00 'n Verkeerde afrit, 'n halfuur ekstra.
Kaasballetjies en gerookte vis.
Myle te voet oor die ys.
Die pragtige ysgrotte!
17h00 Die eina-voet terugloop.
Eet, petrol, die lang donker terugrit.
Smekend, martelend moeg.
O1h00 Dankie, ons is veilig tuis
Dit was lekker.
O1h06 Lekker slaap.