Om Totsiens te Sê
Met elke groet gee ek 'n stukkie van myself weg. Word ek gedekonstrueer. Sel vir sel losgeskeur uit die enigste werklikheid waarin ek glo - nóú. | |
Los ek my stukkies op jou deurknop jou tafel jou boeke jou vloer. | Los ek my stukkies in jou hande jou omhelsing of die klere in jou kas. |
Los ek my stukkies tydig en ontydig bewus en onbewus op ongewonde plekke sonder om iets van myself te mis. | Los ek my stukkies om onsigbaar mikroskopies fyn te verklik dat ek hier was dat ek deel was dat ek was. |