Ontblad
(Seisoene van Verlang)
Ek ontblad my vir jou ek laat my loof val tot waar my tone meters diep die grond inwoel
ek skud my knobbelrige skouers knoetsige lyf reg strek my uit draai my skuins net effens dat jy my kan sien dat ek jou kan voel want die winter is lank en ek verlang reeds |