Die Bloutrein
Skitterend in die verte
kronkelend deur die Karoo
waar onskuldige lammers hygend
aan hul swygende moeders soog.
Wit vreugdevolle glimlaggies verhelder
elke bloublink luukse wa
maar langs die spoor staan verflenterde
uitgehongerde swart geraamtetjies
wat met sneeuwittandjies vra: "Baas gee brood".
Pakkies word na buite geslinger
en haastig moet hulle huistoe
waar boeties en sussies wag.
Terug na hul ou kraaltjie
terug na hul aparte hel
maar die witman se blou hemel
het nou verbygesnel.
Glimmering in the distance
meandering through the Karoo
where innocent lambs while panting
nurse from their silent mothers.
white joyful smiles brighten
every shiny blue wagon
yet next to the rails stand ragged
hungry little black skeletons
with show white teeth they ask: "Boss give bread".
Parcels are tossed outside
and they hurry home
where brothers and sisters wait.
back to the little shack
back to their separate hell
but the white man's blue heaven
has just zipped by.