If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

*die vrede kom later*

_(vir Diana Ferrus*)_

 

gestroop van die hamer in sy hand
en die koestering van sy huis
moes hy sonder sy kroos se vertroosting
tussen tenks en dakke soek na skuiling

maar sy droom was nie verlore
want die vetes van die verlede
hang vergete tussen geroeste gewere

die growwe geskut is verruil
vir vredesvlae wat nou wapper
in elke dorp, stad en straat
in worcester
in tobruk
in aachen
in elke kinder hart

jou pa se vrede was nie verlore
was hom altyd maar beskore

_* Digter, Diana Ferrus se pa, skutter Jacobus Marinus Daniel Ferrus, diensnommer 304463, was lid van die Kaapse Korps (tweede divisie). Hy was ‘n krygsgevangene, wat in Junie 1942 by Tobruk gevange geneem was. Hy was ‘n skrynwerker in Aachen, die eerste Duitse stad wat die geallieerde magte gedurende die Tweede Wêreldoorlog binnegeval het._

*©️ Selwyn Milborrow, 2021*

stripped of the hammer in his hand
and the nurturing of his home
he had to, without the comfort of his loved ones
seek shelter among tanks and roofs

but his dream was not lost
'cause the struggles of the past
hang forgotten between rusted rifles

...