If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Dans van die Vlammevers

ou verrimpelde hande bewend inmekaargeklem
koue voete om sagte hout van stoelpoot geklem
wasige grys oë staar hartseer na hitte van kers
en in flikker van sy dansende warm vlam
oorkant teen koel donker leiklipmuur
verskyn die mooiste, diepste liefdesvers