If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Geld Oorbodig

menige lentes en somers gelede
stap ek op hoofweg van die lewe
by ’n kennisgewing roep ek halt
want daar in dikgedrukte letters
“Hemel se Kruidenierswinkel”

nuuskierig, trapsuutjie nader
en loodswaar deure swaai oop
ek bevind my tussen engele
wat oraloor sweef - rondloop

‘n mandjie word aan my oorhandig
met die volgende waarsku - woorde
my kind koop tog oordeelkundig
en maak maar boepensvol
hier is alles vanuit alle oorde

wat jy dus nie hier kan uitdra
kom dan terug om nog te vra
en so begin my rakketog

 
ek laai geduld en liefde in
gryp dan wild na verstaan
en twee van elk wysheid en geloof
liefdadigheid is kleurvol
en ek neem drie daarvan

die Heilige Gees kon ek nie mis
want oraloor pronk Hy gewis
deursettingsvermoeë is op die rak
ek sal dit vir hierdie reis inpak

met ’n mandjie byna vol
roep ek genade voor geestesoog
en prop dit sorgvuldig in
dat dit staan met ’n wye boog

by die rak van “redding, vrede en geluk”
dui ’n plakkaat grootoog aan
hierdie is gratis – heel verniet
neem daarvan soveel as jy kan

ek nader die toonbank om skuld te vereffen
glo en vertrou ek het als in God’s wil gelaai
in die verbygang sien ek gebed en knyp dit vas
want deur daardie deure is ons sonde las

ek vra die Engel die totaal van my skuld
Hy skud sy kop en antwoord met geduld
neem dit saam met die enkel voorwaarde
dat dit jou vergesel waar jy gaan op die aarde

my kind luister en luister goed
God het lankal reeds vir elkeen geboet
jou skuld is ten volle en vir altyd betaal
dit het gebeur daardie belangrike dag
toe hulle Hom van Golgota- Kruis afhaal