If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Haar Laaste Lied

Sing, sing jou laaste lied vir haar
Sy, is met hierdie wereld klaar
Vandat sy ‘n kindjie was
Waai die seer en teëspoed teen haar vas
Maar nou’s sy stil
Want dis die Heer se wil
 
Gooi, gooi jou issues in ’n tas
Trap, dit met kluite om haar vas
Dan kan jy mos aanbeweeg
Want haar stem is stil en haar plek is leeg
Dis als verby, sy was moeg gestry
 
Met ‘n flenter hart en ‘n wese vol smart
Het sy altyd almal bygestaan
En al wat sy in ruil verlang
Is laat haar gees nou gaan
 
Los, los besware by die huis
Sy, het gedra aan eie kruis
Sy was altyd daar vir jou
Al was die onweerswolke grou
Maar dis verby
Sy het klaar gely
 
Kyk, kyk na lysie op die gras
Maar, druk my kinders altyd vas
Leer hul die genade ken
Dat die lewe nie slegs gaan oor wen
Maar steeds probeer
Al is dit soms hoe seer
 
Met ‘n flenter hart en ‘n wese vol smart
Het sy altyd almal bygestaan
En al wat sy in ruil verlang
Is laat haar gees nou gaan