If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Hand aan Hand

stap hand aan hand saam met iemand
in plaas van om slegs weg aan te wys
ore is wel baie gewillig,
maar die oog leer tog vinnig
 
fyn berading is soms verwarrend
maar voorbeelde nooit onduidelik
die beste predikers het hul geloof geleef
beste in aksie te sien en daarna te streef
 
almal leer besonder vinnig
as hul toegelaat word om te sien
hou dan dop die aksie van die hande
want ’n fraksie te snel draf mond en tande
 
die langdradige lesings
wat jy lewer mag wys wees
maar ek verkies sonder twyfel
om deur observasie te leer

jou hoë advies word moeilik verstaan
maar geen ooit misverstand
kan verskyn of kop uitsteek
oor hoe jy reageer en jou weg baan