If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Jy Is

jy is die skitterglans
in elke ster en planeet
van my kraterwentelbaan
wat diamante terugweerkaats
 
jy is my giggeldwergie
wat luidkeels lag
komieklik onderstebo
skeef hang aan maan
 
jy is eenvormige letters
in slot van my roman
die donssag gevoel
van wolke oor my wang
 
jy is unieke reuk
in anys, soethout en roos
die klank van visarend
as ons saam op vlerke vlug