If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Kies Blou vir Onthou

elke gister versigtig, sag toegevou
geseël, geplak, gemerk en gestoor
in kleure van groen, rooi en blou
alfabeties in geheuerak rangskik
 
jou stem kom krap kras
ruk ’n rooie roekeloos van rak
daar val ’n wanhoop pakkie
in stadige onwerklike aksie
 
ek staar leepoog na lêer in groen
is jou sig en gevoel dan gestrem
ek het rooi so stewig toegeplak
en diep vêr agter op rak gepak
 
’n melodie in blou vul die atmosfeer
twee stemme jubel in harmonie
geen groen of rooi insig hier meer
nagmerrie oor, verby met al sy seer